Terwyl ‘n vrou eendag bid, vra sy:
“Wie is U, Here?”
Hy antwoord haar toe: “EK IS.”
“Maar wie is EK IS?”, vra sy moedeloos.
Sy sagte antwoord het haar gemoed laat
volskiet, want sy hoor:
“EK IS Liefde;
EK IS Vrede;
EK IS Genade;
EK IS Vreugde;
EK IS die Weg,
die Waarheid en die Lewe;
EK IS die Lig;
EK IS jou Vertrooster;
EK IS Krag;
EK IS die Skepper;
EK IS die Alfa en die Omega -
Die Begin en die Einde.”
Met trane in haar oë vra die vrou sag:
“Maar, Here, wie is ek dan?”
Terwyl God saggies haar trane afvee,
fluister Hy in haar oor:
“Jy….Jy is Myne….”